Die SAKP se politieke buro wil hê dat ’n parlementêre ondersoek gedoen moet word om te bepaal of die nasionale direkteur van Openbare Vervolging, Shaun Abrahams, geskik is vir sy pos.
Die party sê in ‘n verklaring Abrahams se gedrag om die minister van Finansies, Pravin Gordhan, van bedrog aan te kla, laat veel te wense oor.
Die SAKP sê hy is ook bekommerd dat staatsinstellings gebruik word om leiers te teiken wat in die pad staan van private belange en te midde van groeiende probleme met staatskaping.
The post “ONDERSOEK SHAUN ABRAHAMS” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.