’n Gewese bevelvoerder van die polisie se plofstofeenheid in Bloemfontein wat op 48 aanklagte van korrupsie tereggestaan het, is gister in die Bloemfonteinse streekhof op alle aanklagte vrygespreek.
Johan (Bom) du Preez is ook vrygespreek op ’n aanklag van die oortreding van die Vuurwapenwet deurdat hy onwettig in besit van 29 patrone sou wees.
Hy is in Februarie 2012 in hegtenis geneem en van korrupsie aangekla.
The post BFN POLISIEMAN, AANGEKLA VAN KORRUPSIE, VRYGESPREEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.