Verbruikers in Namibië is gewaarsku om nie hoenders en eiers uit vier noordelike streke te gebruik nie weens ‘n uitbraak van Newcastle-siekte.
Talle hoenders in die Omusati-, Ohangwena, Oshana en Oshikoto-streke het reeds weens die siekte gevrek.
Die ministerie van landbou, water en bosbou in Namibië sê ‘n onmiddellike verbod is op die vervoer van hoenders, eende, volstruise, tarentale, kouvoëls, eiers en hoenderkos uit dié streke geplaas.
Pluimvee en eiers mag ook nie dié gebiede binnegeneem word nie.
Inspeksies by padblokkades in die noordelike kommunale gebiede en langs internasionale landsgrense word ook uitgevoer.
The post TALLE HOENDERS STERF WEENS NEWCASTLE-SIEKTE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.