Die Universiteit van Kaapstad sê lesings gaan vandag voort, ten spyte van hernieude studentebetogings oornag toe hulle gegooi en veiligheidswagte en polisiebeamptes met klippe bestook het.
Die geweld het uitgebreek toe studente probeer het om die Steve Biko-gebou te beset.
Een polisiebeampte is beseer.
Betogers het vanoggend lesings by verskeie lesingsale ontwrig.
Die polisie ondersoek intussen ‘n saak van opsetlike brandstigting nadat ‘n kantoor en motor gisteraand by die Durbanse universiteit vir tegnologie aan die brand gesteek is.
Die vise-prinsipaal se kantoor is na berig word in die brand verwoes.
Die Universiteit van die Witwatersrand in Johannesburg sal Vrydag ‘n algemene vergadering vir alle studente en personeellede hou, nadat die hervatting van die akademiese program tot Maandag uitgestel is.
The post #FEESMUSTFALL: GEWELD BREEK UIT OP KAMPUSSE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.