Die konvensie oor die internasionale handel in bedreigde spesies (Cites) gaan ‘n afvaardiging na Viëtnam en Mosambiek stuur om ondersoek in te stel na hul betrokkenheid by renosterstropery en binnekort moet Viëtnam ook in Den Haag antwoorde gee.
Ook Swaziland het bloedneus gekry toe Cites se lidlande sy voorstel oor handel in renosterhoring van die tafel afgevee het.
Die land wou benewens sy opgepotte renosterhoring, ook die horings van sy oorblywende 74 renosters afsny en aan sogenaamde gelisensieerde handelaars in Asië verkoop.
The post RENOSTERSTROPERY WORD ONDERSOEK IN VIëTNAM, MOSAMBIEK appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.