Die Wallabies se afrigter, Michael Cheika, het sy beginspan bekend gemaak vir Saterdag se Rugbykampioenskaptoets teen die Springbokke op Loftus Versfeld in Pretoria.
Net een verandering is aangebring aan die span wat Argentinië vroeër die maand met 36-20 in Perth geklop het.
Sean McMahon is as agtsteman ingesluit in die plek van die beseerde David Pocock.
Cheika gaan môre sy plaasvervangers aanwys.
Die Springbokspan word later vanmiddag aangekondig.
The post CHEIKA MAAK BEGINSPAN BEKEND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.