’n Nuwe vleuel van die Dora Nginza-hospitaal in Port Elizabeth wat in aanbou is, is gisteraand na bewering deur betogers afgebrand.
Inwoners is glo ontevrede oor die aanstelling van nie-plaaslike werkers.
Polisiewoordvoerder, kapt. André Beetge, sê dit het gevolg nadat betogings die afgelope twee weke by die bouperseel gehou is.
Volgens hom het ‘n sterk wind die brand vinnig laat versprei, maar is dit teen omstreeks half-agt onder beheer gebring.
The post NUWE VLEUEL VAN HOSPITAAL DEUR BETOGERS AFGEBRAND appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.