Twee mans, Lionel Kennedy en Joseph Motlomelo, is in die Mosselbaai-streekhof elk effektief tot 21 jaar tronkstraf gevonnis vir die aanval op’n vrou twee jaar gelede.
Hulle het 10 jaar gekry vir poging tot moord, 15 jaar vir roof met verswarende omstandighede en vyf jaar vir huisroof.
Van die vonnisse sal gelyklopend uitgedien word.
Die 58-jarige Aneen Barnard is op 18 Augustus 2014 tydens ‘n rooftog wreed in haar huis op Groot-Brakrivier aangeval en haar keel is onder meer met ‘n mes oopgekloof.
Motlomela en Kennedy het R135 000 se kontant, ‘n skootrekenaar, twee selfone en juweliersware uit die huis gesteel.
The post 2 MANS TRONK TOE VIR AANVAL OP VROU (58) appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.