Minstens 29 mense is beseer in ‘n kragtige ontploffing in Chelsea in New York.
Die burgemeester van New York, Bill de Blasio, sê die bom is vermoedelik in ‘n asblik geplaas.
Niemand het nog aanspreeklikheid vir die aanval aanvaar nie.
Die voorval volg ure nadat ‘n pypbom in New York op die roete van ‘n padwelooop in die Amerikaanse deelstaat New Jersey afgegaan het.
Niemand is in die voorval beseer nie.
Die pypbom was in ‘n asblik weggesteek.
Die deelnemers sou in die omgewing van die asblik wees maar die wedloop is uitgestel omdat veiligheidsbeamptes op ‘n reissak afgekom het wat agtergelaat is.
The post 29 BESEER IN ONTPLOFFING IN CHELSEA appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.