’n Groep leerlinge van die Hoër Tegniese Skool Middelburg het lig daarvan afgekom en is bloot hul plek op die benoemingslys vir die leerlingraad kwyt nadat hulle pornografiese foto’s en video’s van hulself geneem en versprei het.
![GROEP LEERLINGE GESTRAF OOR PORNO](http://100punt6.co.za/wp-content/uploads/1188889614-7-168x300.jpg)
Een van die plasings op Instagram. Foto: Netwerk24
Foto’s waar met onderwysers gespot word is ook op sosiale media versprei.
Volgens die beheerliggaamvoorsitter van die skool, Nicolaas Steenekamp, het die voorvalle buite skoolure en skoolverband plaasgevind.
Netwerk24 berig die skool se beheerliggaam het dadelik gereageer en die voorval is intern hanteer.
Volgens Gerald Sambo, waarnemende woordvoerder vir die onderwysdepartement in Mpumalanga, is die voorval binne die raamwerk van die skool se gedragskode en algemene wetlike vereistes hanteer.
The post GROEP LEERLINGE GESTRAF OOR PORNO appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.