
Een van die grootste hoenderplase in die Vrystaat is die week onder kwarantyn
geplaas en 400 000 lêhenne op die Harcos-plaas buite Welkom moet nou weens voëlgriep van kant gemaak word.
Netwerk24 berig Harcos, die tweede grootste eierprodusent in die Vrystaat, sal straks meer as 50 mense weens die griep-ramp moet afbetaal.
Die plaas word nou vir twee maande onder kwarantyn geplaas waarna daar weer hoenders aangehou kan word.
Zimasa Leputla, van die Vrystaatse departement van landbou en landelike ontwikkeling, sê die departement sal binnekort ’n mediaverklaring oor die voorkoms van voëlgriep in die provinsie uitreik.
In die Wes-Kaap het 70% van die provinsie se pluimvee reeds weens voëlgriep gevrek.
The post Voëlgriep: Hoenderplaas in VS onder kwarantyn appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.