Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

2 tuinwerkers van Bfn veg teen rowers

$
0
0

Twee tuinwerkers van Bloemfontein word as helde beskou nadat hulle
terugbaklei het toe vier mans hul werkgewer se huis in Heuwelsig probeer beroof het.

Netwerk24 berig die vier aanvallers, van wie twee met vuurwapens gewapen was, het gister vroegoggend oor die huis se muur gespring in ’n roofpoging.

Twee van die rowers het dadelik die werkers oorval en probeer vasbind, maar hulle het egter teruggeveg en so ’n geraas gemaak dat al vier die rowers die hasepad gekies het.

Geen skote is afgevuur nie en niemand is beseer nie.

Sers. Fikiswa Matoti, polisiewoordvoerder, sê die rowers het met die huiseienaar se motor en heksleutels gevlug.

’n Klag van huisroof word ondersoek.

The post 2 tuinwerkers van Bfn veg teen rowers appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!