Drie mense is dood en nog twee ander beseer nadat die motors waarin hulle gery het naby Ficksburg in die Vrystaat gebots het.
Volgens Werner Vermaak, ER24-woordvoerder, is die man en vrou gisteraand op die ongelukstoneel op die R26-hoofweg buite die dorp dood verklaar.
Vermaak sê nog ’n man in sy 40’s is met lewensbedreigende beserings in die ander voertuig gevind en het later aan sy beserings beswyk.
‘n Jong man en ’n vrou het matige beserings in die botsing opgedoen en is na die Ficksburg-hospitaal geneem vir verdere behandeling. Die oorsaak van die ongeluk is nog nie bekend nie en die polisie ondersoek die voorval.
The post 3 dood, 2 beseer in motorongeluk naby Ficksburg appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.