
Een van die ANC-leiers wat haar beskikbaar gestel het om as president van
die party verkies te word, Lindiwe Sisulu, sê daar is in dié stadium nie veel
kandidate met wie sy in die party se top ses sal wil saamwerk nie.
Sisulu het dit gesê in haar toespraak by ‘n O.R Tambo-gedenklesing by die Universiteit van Johannesburg.
Sisulu sê sy sal egter Adjunkpresident Cyril Ramaphosa as haar adjunk aanstel.
Die ANC se leierskapskonferensie vind in Desember plaas.
The post Sisulu sal net met Ramaphosa werk as sy president word appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.