
Die minister van Finansies, Malusi Gigaba sal waarskynlik vandag `n
dringende vergadering met die raad van die Openbare Beleggingskorporasie hou om die berigte te bespreek dat die Tesourie wil sien dat die OBK sukkelende staatsinstansies moet uithelp.
Gigaba het gister sulke berigte as onwaar en kwaadwillig bestempel.
Volgens die berigte is die Tesourie besig om druk op die OBK uit te oefen om verskeie staatsinstellings soos die Suid-Afrikaanse Lugdiens te help.
Die OBK beheer meer as R2000 miljard van die staatsdiens se
pensioenfondse.
The post OBK onder druk appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.