
Krieket Suid-Afrika het bevestig dat die eerste toets teen Indië eers op 5 Januarie op Nuweland in Kaapstad sal begin.
Die toer sal bestaan uit drie toetse, ses eendagwedstryde en drie Twintig20’s en die datums en stadions vir die oorblywende kragmetings sal binnekort aangekondig word.
Die toer moes begin met die tradisionele Tweede Kersdagtoets, maar Indië het besluit om eers tuis teen Bangladesj te speel.
Die Proteas gaan nou van 26 Desember op St Georgespark in Port Elizabeth teen Zimbabwe te staan kom in Suid-Afrika se eerste dag/aandtoets wat oor vier dae beslis sal word.
The post KSA: Eerste toets teen Indië in Januarie 2018 appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.