
Die mede-aanbieder van die ontbytprogram op Jacaranda FM, Tumi Morake, het luisteraars warm onder die kraag nadat sy Dinsdag in ʼn uitsending wit mense met boelies op die speelterrein vergelyk het.
Morake se uitsprake het gevolg tydens ʼn gesprek oor ʼn konsert in Nieu-Seeland wat glo gekanselleer is weens Steve Hofmeyr se betrokkenheid.
Morake het glo tydens die gesprek gesê sy raak emosioneel wanneer swart mense by sulke gesprekke betrek word, omdat swart mense jare lank onderdruk is en “deur ʼn spesifieke groep mense geleer is hulle is minder as mense.”
Die vakbond Solidariteit het Jacaranda FM versoek klankmateriaal waarin Morake haar omstrede opmerkings gemaak het, beskikbaar te stel.
Connie Mulder, hoof van die Solidariteit Navorsingsinstituut, sê dit is kommerwekkend dat sulke uitsprake deur Jacaranda FM toegelaat kan word.
Hy sê dit is ontoelaatbaar dat sulke uitsprake en sienings as hoofstroomdenke genormaliseer word.
The post Luisteraars sien rooi oor aanbieder se uitspraak appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.