
Die Suid-Koreaanse media berig dat Noord-Korea gewaar is waar hy ‘n vermeende tussenkontinentale ballistiese missiel na sy weskus verskuif.
Volgens Asia Business Daily kom die inligting van ‘n ongeïdentifiseerde intelligensiebron.
Die vuurpyl het gister begin beweeg, ‘n dag na die Noorde se sesde kerntoets, en is gewaar terwyl dit in die nag beweeg het, waarskynlik om opsporing te verhoed.
Die Noorde het lanseringsgeriewe vir sy missielprogram aan sy weskus.
The post Noord-Korea skuif glo vuurpyl na sy weskus appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.