![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-485.png)
Die owerhede van Aachen in die weste van Duitsland het begin om gratis jodium-tablette aan sowat ‘n half miljoen inwoners en mense in die omgewing uit te deel omdat ‘n verouderende kernkragaanleg in België as ‘n gevaar beskou word.
Duitsers het reeds betoog oor die Tihange-aanleg, wat sowat sewentig kilometer vanaf Aachen is.
Reaktors by dié aanleg en nog een by Doel naby Antwerpen is al herhaaldelik gesluit vir veiligheidstoetse.
The post Kommer oor verouderende kernkragaanleg in België appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.