![LUR'e daag nie op nie](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-471.png)
Die DA sê die Vrystaatse regering ondermyn die mandaat van die provinsie se wetgewer om oorsig ten opsigte van die die uitvoerende gesag uit te voer.
Die amptelike opposisie in die Vrystaatse Wetgewer sê die LUR’e vir Finansies, Elsabe Rockmann en Samewerkende Regering, Sisi Ntombela, was veronderstel om dié week aan die portefuljekomitee vir openbare rekeninge antwoorde te verskaf oor die swak ouditverslae van provinsie se munisipaliteite.
Die LUR’e het nie opgedaag nie.
Die Vrystaatse LUR vir Onderwys, Tate Magoe, was ook veronderstel om
antwoorde verskaf nadat sy departement ‘n infrastruktuur-toekenning van R86 miljoen verloor het.
Die Vrystaatse premier, Ace Magashule het glo ‘n vergadering met die provinsie se LUR’e gereël op dieselfde dag as wat portefulje-komitee bymekaar sou kom.
Die DA se David van Vuuren sê egter die program vir die wetgewer- en sy komitees is reeds aan die begin van die kwartaal vasgestel.
The post LUR’e daag nie op nie appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.