![Die eerste sonsverduistering in 100 jaar](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-430.png)
Amerikaanse winkels word oorstroom met oogskerms voor vandag se sonsverduistering wat die eerste in honderd jaar is om van kus tot kus in die vasteland te sien sal wees.
Miljoene Amerikaners gaan vanmiddag daarna kyk en ruimtekenners en oogkundiges het mense gewaarsku om nie onveilige nagemaakte oogskerms te gebruik nie.
Partytjies word op talle plekke gereël om die skouspel te bekyk en sommige skole is selfs vandag gesluit.
The post Die eerste sonsverduistering in 100 jaar appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.