![Staatsgreep-samesweerder in die hof](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-381-150x150.png)
Die beweerde staatsgreep-samesweerder, Elvis Ramosebudi, sal na verwagting
vandag in die Johannesburgse Landdroshof verskyn.
Die 23-jarige is in April in hegtenis geneem omdat hy na bewering saamgesweer het om president Zuma, lede van die Gupta-familie en kabinetsministers om die lewe te bring.
Volgens die Valke sou die minister van Staatsveiligheid, David Mahlobo, die
eerste teiken van die sogenaamde teen-staatskapingmoordspan wees.
Ramosebudi is sedert Mei op borgtog van R3000.
The post Staatsgreep-samesweerder in die hof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.