
Die geregtelike ondersoek na die dood van die anti-apartheidsaktivis Ahmed Timol in 1971 het vanoggend in die Hooggeregshof in Pretoria voortgeduur met die kruisondervraging van die voormalige Veiligheidspolisieman Joao Rodrigues.
Hy hou vol dat Timol gevra het om badkamer toe te gaan tydens ondervraging in die John Vorsterplein-polisiestasie in Johannesburg, en toe by die tiende verdieping uitgespring het.
Die Nasionale Vervolgingsgesag se advokaat, Torie Pretorius, het dit egter aan Rodrigues gestel dat sy weergawe ‘n leuen was om die polisie se moord op Timol toe te smeer.
The post Ondersoek na dood van anti-apartheidsaktivis in 1971 appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.