
Die minister van Openbare Ondernemings, Lynne Brown, het haar persoonlike assistent gevra om te bedank nadat sy betrek is by die Guptas.
Kim Davids se naam word genoem in ‘n geheimsinnige hotelrekening van R32 000 in Doebai en ‘n chauffeur-rit na die Guptas se luukse villa in die stad in die Verenigde Arabiese Emirate.
Volgens die jongste inligting uit die familie se uitgelekte e-posboodskappe het Davids sleutelbesluite geneem, insluitend die keuse van nuwe aanstellings op die rade van staatsinstellings.
The post Brown vra haar assistent om te bedank appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.