
Hernude vrese oor nog ’n afgradering is een van die faktore wat die rand sedert Maandag laat verswak.
Die rand het ‘n rukkie gelede verhandel op R13,22 teen die dollar verhandel.
Ilke van Zyl, ’n ekonoom van RMB, het aan Netwerk24 gesê die rand se swak verhandeling word veroorsaak deur vrese oor ’n afgradering deur die kredietgradeerders.
Moody’s Investors Service het Maandag in ’n verslag daarop gesinspeel dat voortgesette strukturele probleme in Suid-Afrika in die weg van ekonomiese groei staan.
Moody’s het ook kommer uitgespreek oor die onafhanklikheid van die Reserwebank.
Die president van die Reserwebank, Lesetja Kganyago, wys intussen daarop dat dit een van nege sentrale banke is wat nog privaat aandeelhouding het.
Hy het aan die parlementêre komitee op Finansies gesê die sentralisering van ‘n sentrale bank het in baie gevalle nie positiewe resultate opgelewer nie.
The post Vrese oor nog ‘n afgradering appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.