![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-219-150x150.png)
Die leier van Black First, Land First-beweging (BLF), Andile Mnxgxitama, en ’n klein groepie BLF-lede het Donderdagaand ’n bespreking oor staatskaping in Braamfontein, Johannesburg, ontwrig.
News24 berig dat Mngxitama en sowat vier BLF-lede lede van die gehoor rondgestamp, op stoele gespring en frases teen wit-monopolie-kapitaal geskree het.
Dit volg nadat die Suid-Afrikaanse Nasionale Redakteursforum (Sanef) vroeër die maand in die Hooggeregshof in Johannesburg’n interdik teen die BLF en Mngxitama verkry het.
The post BLF ontwrig bespreking oor staatskaping appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.