![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/netcare-911-ambulance-4-150x150.jpg)
Drie mense is dood en nog ‘n persoon ernstig beseer toe ʼn motor in die vroeë oggendure op die Noordkuspad naby die Effinghamweg-afrit by Durban van agter teen ‘n stilstaande vragmotor vasgejaag het.
Die vragmotor was glo by ʼn vulstasie geparkeer.
Netcare 911-woordvoerder Nick Dollman sê die bestuurder van die motor het na bewering voor die botsing beheer oor die voertuig verloor.
Reddingswerkers moes meganiese toerusting gebruik om die vasgekeerde insittendes uit die wrak te bevry.
The post 3 sterf toe motor teen stilstaande vragmotor vasjaag appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.