Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Cheetahs onttrek uit Superrugby

$
0
0
Rosestad 100.6 Nuus Cheetahs onttrek uit Superrugby

Die Suid-Afrikaanse Rugby-unie (Saru) het bevestig dat die Toyota Cheetahs na ‘n ooreenkoms uit die Vodacom Superrugby-reeks te ontrek en na ander internasionale geleenthede sal soek.

Die Toyota Cheetahs se raad het die span se toekoms heroorweeg en “is opgewonde om aan alternatiewe internasionale kompetisies deel te neem.”

Die Southern Kings het ook aangekondig dat hulle nie meer aan die Superreeks sal deelneem nie. Dié span oorweeg dit ook om aan ander internasionale toernooie deel te neem.

Die twee spanne se aankondiging kom ure voor ‘n spesiale algemene vergadering van Saru Vrydagoggend waar ‘n besluit geneem moet word oor die vier Suid-Afrikaanse spanne wat sal deelneem aan aanstaande jaar se Superreeks.

Die twee spanne se besluit volg ook op maande se onsekerheid oor hoe Saru die spanne vir aanstaande jaar sal verminder.

Ingevolge ‘n besluit deur SANZAAR kan net vier Suid-Afrikaanse spanne deelneem aan aanstaande jaar se Superreeks.

Saru sê in ‘n verklaring dat die Toyota Cheetahs se raad die span se toekoms heroorweeg het en “opgewonde is om aan alternatiewe internasionale kompetisies deel te neem.”

Saru sê ‘n amptelike aankondiging deur die Toyota Cheetahs oor die pad vorentoe sal binnekort gemaak word.

The post Cheetahs onttrek uit Superrugby appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!