
’n Vulstasie buite Bloemfontein is gisteroggend vroeg deur ’n groep
gewapende mans beroof.
Volgens kapt. Chaka Marope, polisiewoordvoerder, het die rowers in die vroeë oggendure op die Engen N1-Suid toegeslaan.
Netwerk24 berig nege swaargewapende mans het die Engen en die Wimpy langsaan se kasregisters gestroop en die personeel se selfone gebuit.
Volgens Marope is geen skote afgevuur en niemand beseer nie.
Die polisie ondersoek ‘n saak van sakeroof.
The post Vulstasie buite Bfn beroof appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.