
Daar was hewige reaksie op sosiale media op die hooflanddros van Kaapstad,
D.M. Thulare, se uitspraak dat afkrakende woorde teenoor blankes op ’n Engelse kunswerk nie haatspraak is nie.
Regter Thulare het in die gelykheidshof in Kaapstad beslis dat die woorde op die kunswerk vroeër vanjaar nie ’n oortreding van haatspraak was nie, omdat dit ’n kunsuitdrukking was.
Die kunswerk deur Dean Hutton het opslae gemaak en is ook gevandaliseer.
’n Grondwetkenner, professor Pierre de Vos, sê dit is die enigste uitspraak wat die landdros kon gemaak het, gegewe dit wat die reg sê.
The post “F**k White People kunswerk is nie haatspraak nie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.