![Bloem-egpaar 60 jaar getroud](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-254-150x150.png)
‘n Egpaar van Bloemfontein vier Donderdag hulle diamant-herdenking.
Dawie Liebenberg (86) en Driena Liebenberg (79 jr) van Pellissier, Bloemfontein is op 6 Julie 2017, 60 jaar getroud.
Uit die huwelik is daar twee kinders Dawie Liebenberg (53 jr) en Mariette de Witt (57 jr) gebore en 4 kleinkinders.
Die familie se Retha Liebenberg sê die egpaar bly nog in hul eie meenthuis en doen al hul werk nog self.
Liebenberg sê hulle is gesond en op en wakker.
“Baie geluk met al ons liefde en dank aan ons Hemelse Vader. Hul is voorwaar ‘n voorbeeld aan ons almal,” sê Liebenberg
The post Bloem-egpaar 60 jaar getroud appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.