
Die minister van Maatskaplike Ontwikkeling, Bathabile Dlamini, is aangestel as waarnemende minister van Polisie terwyl Fikile Mbalula ’n internasionale Interpol-kongres gaan bywoon.
Die ministerie sê in ’n verklaring Dlamini sal van vandag tot Vrydag in beheer van die polisie wees.
Volgens die ministerie sal die bekamping van kubermisdaad een van die besprekingspunte op die Interpol-kongres wees.
The post Dlamini in beheer van polisie terwyl Mbalula weg is appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.