Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

GEE-OM: KINDERHUISE BENODIG DIE VOLGENDE

$
0
0

Tydens die 2016 Gee-Om al behoeftige kinders aandag kry met die Kinderhuis-opknapping waarin dertien satelliet-huise van Engo in Bloemfontein reeds geïdentifiseer is.

Dringende aandag is aan veral die instandhouding aan geboue nodig.

Die gedagte is om gedurende ‘n skoolvakansie die herstel-, verf- en opknappingswerk te doen, maar om ook vir die res van 2016 die kinders te ondersteun met kos en spesifieke behoeftes ook.

Vrywilligers van Gee-Om sal bekendstaan as Wonderwerkers om met die hulp van Tafelronde en ander organisasies op Saterdag 15 Oktober die kinderhuise te besoek en die behoeftes aanspreek.

Elke persoon se bydrae is egter belangrik om aan die behoeftes van hierdie huise te voorsien.

Hier is die behoeftes van die verskillende huise:

Therapea Kids

Die volgende skrywe is van hulle ontvang.

“Ons is so opgewonde en dankbaar vir al die goeie gawes wat ons uit die Vader se hand ontvang. Ons weet dat Hy kosbare mense gebruik om Sy hande en voete hier op die aarde te wees en wil ons elkeen wat bydrae om ons taak moontlik te maak, verseker van ons opregte dank en waardering!

Sedert Januarie 2016 moes ons reeds ongeveer 10 dogtertjies wegwys, omdat ons fasiliteite propvol is. Dit was vir ons baie hartseer en ons het dit ‘n gebedsaak gemaak om ons fasiliteite te vergroot. Die bouprojek het Mei-maand in aanvang geneem en ons harte loop oor van dankbaarheid!

Sodra die projek voltooi is sal ons nog agt lyfies in veiligheid kan versorg, liefhê en beskerm. U weet egter dat hierdie uitbreiding weer nuwe uitdagings aan ons bied en ook nuwe behoeftes skep. Die volgende behoeftelys is benodigdhede wat ons in die nuwe vleuel sal benodig:
• ‘n Gasstoof
• Blinders vir die vensters
• Buite speel-apparaat bv. swaaie, klimrame, glyplanke ens.
• Tuinmeubels
• Bydraes vir ingeboude kaste
• 8 x Badhanddoeke en waslappies
• 4 x Badmatjies
• 10-stuk Eetstel en messegoed
• 10 x Koffiebekers
• 10 x Glase
• 1 x 5l “Urne”
• 4 x Laaikaste (twee dogtertjies deel)
• 2 x Wasgoedmandjies

Enige vorm van bydrae sal baie hoog op prys gestel word. Ons besef in die moeilike ekonomiese omstandighede, neem kinderverwaarlosing en mishandeling daagliks toe. Ons wil u verseker dat ons alles in ons vermoë doen om aan stukkende kindertjies, ‘n veilige fisiese, emosionele en geestelike hawe te bied. Sonder mense soos u, is dit onmoontlik. Daarom dank ons, ons Vader vir omgee-mense soos u!
Nogmaals dankie
Dr. Belinda van der Vlies”

Rosestad 100.6  Engo Vir ons Kinders 2016 website ad-01

Die volgende sateliet-kinderhuishuisie van Engo se behoeftes is (soos van die huise ontvang):

Carpe Diem

13 seuns (huis kry swaar, kry bitter min donasies)

De Bruinstr Universitas

Gereelde skenkings van vars groente, vrugte, vleis en brood (die huis ontvang min voedsel skenkings)
Seunsklere: windbreakers, jeans, tekkies, sneakers, seuns onderklere 12 jaar oud (1.7m lank), 15 jaar, 16 jaar x2, 17 jaar, x2 18 jaar
Skoolklere: 2 skoolsweetpakke (Lettie Fouche) 15 jaar en 12 jaar oud seuns
Groot eetkamertafel en stoele vir 15 inwoners
Trampoline
LCD TV
Diepbraaier
Tuinstoele en tafels
Wendyhuis vir stoor van speelgoed, sporttoerusting en komberse (huis het nie stoorplek nie)

Rosestad 100.6 Nuus Gee-Om WONDERWERKERSHuis van Omgee

24 kinders

Abrahamskraalweg Bainsvlei

Skoene vir meisies en seuns (verskillede groottes)

Skool Wintersklere: 23 baadjies, truie, skoolskoene, kouse
Gewone wintersklere: sweetpakke, tekkies, jeans, onderklere dogters en seuns
Wintersklere en weggooidoeke vir baba 2-3jr
Haarskeerder (12 seuns – swaardiens)
Skryfbehoeftes – potlode, penne, pritt
3 skoolsakke
Linne – pink/pers duvet stelle vir 12 dogters, 12 paslakens, 6 matrasse
Speelgoed: Herstel van jungle gym, ghoens vir vingerbord, 2 sokkerballe, 2 netbal balle
Sitkamerbanke, bean bags
Dubbel gordynreelings vir 11 vensters
Kantgordyne vir sit en eetkamer, blinders vir kombuisvensters
Los mat vir sitkamer (geteelde vloer en baie koud in winter)
LCD TV

Deo Juvante

12 Kinders

Faurelaan, Willows

7 dogters – 7 jaar oud, 16 jaar oud, 14 jaar oud, 15 jaar oud, 9 jaar oud, 16 jaar oud (medium – groot), 11 jaar oud
5 seuns – x2 18 jaar oud, 17 jaar oud, 11 jaar oud, 4 jaar oud

Skoolklere: winter langmou hemde, skoolrokkies 12 skoolsweetpakke
Jenny 7 jr – Sand du Plessis – Sweetpak Das, Wit langmou hempies en gebreide thights swart
Charne 11 jr – Sand du Plessis Dieselfde, plus nuwe skoolrok + tekkies (Netbal)
Jessica 10 jr – JF Laerskool – Sweetpak en wit skoolhemde langmou en gebreide swart tights en skoolrok + Das + tekkies ( netbal)
Kisha 14 jr JF Laerskool – Wit hemde Langmou. Sweetpakbroek. Sport tekkies swart tights
Roman 18 jr – JF Hoërskool – Wit hemde langmou grootte 15 tot 16 en Grys skoolbroeke groote 28.
Nakita 15 jr – Fichardtpark Hoërskool Sweetpak/ Rok / Navy thights
Magdalena – 16 jr Martie du Plessis – Sweetpak en swart thights en tekkies vir stap (sukkel met balans)
Shirley – 16 jr Lettie Fouche – Sport skoene (groot speler van Netbal en Landloop) Sweetpakbroek en wit skool kouse
Tshepiso – 18 jr Calculus College – Grys broeke grootte 30 , Wit hemde en Skoolblazer + tekkies (Judo)
Angelo – 11 jaar Pres Steyn Laerskool Grys Langbroek, Grys langmouhemde en skool Sweetpak broek. + tekkies Rugby
Hendrik – 17 r Pres Steyn Hoerskool. Grys Skoolbroek en Sporthemp
Het sambrele en reënjasse nodig vir skooltye wanneer dit reen

Gewone wintersklere: tekkies, skoene, jeans, hoodies, onderklere vir dogters en seuns
Toiletware vir seuns en dogters en haargoed vir bruin en swart kinders- 7
Skryfbehoeftes: kleurpotlode, penne, prit, kokipenne
Stofsuier – Indien moontlik Wet & Dry asseblief
Plat oopvou broodrooster
Chip Fryer
Strykplank
Wasmasjiene: Speed Queen stukkend (spin nie meer nie), LG onklaar – Kan reggemaak word, wag vir goedkeuring van kwotase R 2500
Speelgoed: Trampolien, swingballs, ghoens vir vingerbord, jungle gym
LCD TV

Rosestad 100.6 Gee-Om luisterBolokanang

30 kinders

Uitkoms 2428 Diepfontein

Toiletware – tandeborsels, tandepaste, toiletpapier, hair relaxer
Haarskeerder – swaardiens
Skool sweetpakke, kouse en tekkies, skooltruie
Sport: 12 paar tokse vir sokker, 5 sokkerballe, 15 sokker truie, 5 sokker bibs, netbal sport klere
Gewone winterklere: hoodies, jeans, onderklere
Speelgoed: trampoline
Sitkamer banke en bean bags
Kantgordyne vir 10 slaapkamers, sitkamer & eetkamer
Gebou: 1 nuwe wasbak, installering van nuwe deur
Eetgerei

Amor

12 Dogters

Faure laan 12A Willows

Winter skoolklere: langmou skoolhemde, langmou wit frokkies, skoolsweetpakke
Stoof moet vervang word
Gebou: slaapkamers se matte is gehawend – lamineer vloere, nuwe stortdeur, kombuiskaste en rakke geroes
Kantgordyne vir 6 slaapkamers en sit- en eetkamer
Sitkamerstel – gestoffeer word
Ketel, strykyster, mikrogolfoond
Speelplek: wil graag ‘n speelplek ontwikkel met onder andere volleyball sandput, netbal doelringe, trampoline

Gardenia

10 Kinders

Nerinastr 68 Gardeniapark 

Mikrobus se enjin het opgepak – het dus nie vervoer nie
Vleisskenkings asook vrugte op gereelde basis
Skoolklere: 2 seuns op leerlingraad van Dr Bohmer kort die nodige uitrustings, (18 Jaar oud x2) drimacs, 2 paar skoolskoene vir dogters (nr 5 en nr 4)
Sand du Plessies-skool – skool sweetpak broek (34 meisies x1 (Medium)
Gewone winterklere: hoodies en jeans vir seuns (x2 18 jarige seungs – seuns is klein en maar – medium top en nr 28 broeke)
Sport: netbal tekkies en sportklere vir dogter – het onlangs Vrystaat kleure verwerf in netbal – kort sweetpak waarin sy sy kan ry na toernooi toe en om in te oefen 18 jaar – 32 bo en onder 34 x1 meisie.
Toiletware: lyfroom, sjampoe, hair relaxer
Gebou: huis kort verf aan buitekant fassie borde en perlines besig om te vrot, plafon in slaapkamer sak uit en dak kort aandag
Microfibre mop

Gladstone

13 Kinders

Gladstoneweg 65 Bayswater

Oor verf van vertrekke.
Teël van kombuisvloer.
Kombuiskaste vervang.
Warm klere vir kinders (langbroeke en tops) 7, 9 & 10 jaar.
Bed en matras.
Kaste in kinders se kamers nuwe handvatsels en slotte.
Ligskerms in kamers.
Gordyne in kamers.
Ekstra klerekas om spaarklere in toe te sluit.
Klerehangers.
Enige vorm van voedsel VERAL vleisprodukte.
Komberse vir 13 Kinders
Gas, vir gasstoof.
LCD TV.
Klankstelsel.
Ekstra vrieskas.
Los matte vir sitkamer.
Verf van heining
Huis buite verf.
Speel plek buite vir kinders (Jungle Gym)
Nuwe wasgoeddraad.
Tafel en stoele vir buite braai.
Vervang kantoor mat.
Badkamerkassies vir badkamers
Rekenaar vir kantoorwerk en internet.
Koeldrank-glase. (Kwaliteit plastiek)

Rosestad 100.6 Nuus Gee-Om ArkTshepang

13 kinders

Plot 5 , Ds Kotzestr. Ferreira

Winterskoene vir al die kinders
Speelarea: swaaie en trampoline moet herstel word.
Gebou: badkamers moet oorgedoen word, huis kort verfwerk binne and buite, dogters slaapkamer en tv kamer het teëls/lamineer vloere nodig, nuwe kombuiskaste (val uitmekaar uit), speelkamer het ‘n vloer nodig (screed) en teels
Eetkamer tafel en stoele
LCD TV & DVD speler

Esperanza

12 kinders

Scrivenlaan 12 Bainsvlei

All die Kinders het skooltasse nodig x 9 skryfbehoeftes en passerstelle en sakrekenaars x8
Sportssakke x8
Tekkies vir dogters 11,5, 6, 7×2
Tekkies vir seuns 2, 4 , 6, 8
Hofskoene vir kerk meisies 6, 7 x2
Skoolskoene vir meisies 5,6,7×2
Skoolskoene vir seuns 1,2,5,8,
Warm kerkklere vir meisies hemp Sx2, Mx2, 5_6jr
Meisies broeke 5_6 Jr , 13_14 x2 , 28, 32_34
Seuns kerkbroeke 8,9 ,10,11, 12,13,13,14
Warm baadjies dogters 5-6jr 13-14, S ,Mx2
Warm baadjies seuns 8-9,11-12,12-13,13-14, skool langbroeke vir seuns soos kerkbroek se grootes
Ker hemde vir seuns soos baadjies grootes
Skoolkouse vir seuns soos skoen rootes elkeen 2 paar , Kort kouse en 2paar lang grys kouse soos skoengroottes
Meisies kouse elkeen 2paar wit Kort kouse en elk 1 paar lang tights swart sykouse vir skool baie beige 5paar elk 10,small en 5 medium
Konstruksie aan die Huis
1.Dak Lek bo by meisies en onder by Huismoeder se woonkwartiere
2, skuif deur in woonkwartiere se handvastels
Slotte op Elke kind se las
Drippende Krane
Seunsbadkamer se menger-kraan is stukkend
Barste in mure en wooneenheid
Rekenaar/laptop en printer
Nuwe beddens vir seuns en dogters
Musieksentrum
Gym apparate
Fietse vir seuns en dogters
Nuwe combi vir vervoer

Indien jy enige benodigdhede wil skenk, kan jy dit hier doen

Soos u kan sien is die behoeftes reusagtig maar elke bydrae gaan ons nader aan ons doelwitte laat kom!

Jaco de Wet
Projekleier – Gee Projek 2016.
Radio Rosestad
Sel: 083 391 0900
E-pos; jaco@rosestad.co.za

The post GEE-OM: KINDERHUISE BENODIG DIE VOLGENDE appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!