
‘n Koue front sal die Wes-Kaap na verwagting vandag bereik en daar is
volgens die Suid-Afrikaanse Weerdiens ’n 80%-kans op reën.
Dit sal later na die suidkus van die provinsie en in die aand na die Oos-Kaap versprei.
’n Tweede koue front word vir Woensdag voorspel en dit sal na verwagting oor die hele land koud wees.
Intussen het die weerkantoor in Port Elizabeth gewaarsku teen die
moontlikheid van veld- en bosbrande wat vandag in die westelike en sentrale
binneland van die Oos-Kaap kan voorkom.
Woordvoerder Hugh van Niekerk sê brande kan ontstaan weens die min of geen reën wat in die laaste tyd in sekere dele geval het, en wanneer warm, droë winde waai, kan brande baie maklik ontstaan en baie vinnig versprei.
Verwoestende brande het die afgelope tyd honderde miljoene rand se skade in Kouga en Nelson Mandelabaai se munisipale gebiede aangerig.
The post Koue front, reën op pad vir Wes-Kaap appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.