![](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-115-150x150.png)
Die Gautengse regering sê hy gaan nie weer aan die Suid-Afrikaanse Nasionale Taxiraad (Santaco) toestemming gee om te betoog ná gister se gewelddadige staking toe duisende taxi’s paaie versper het nie.
‘n Woordvoerder van die raad, Thulani Qwabe, het gister met nog ‘n staking op 12 Julie gedreig indien al hul griewe nie opgelos word nie.
Die provinsiale regering sê gister se staking het ‘n negatiewe impak op die ekonomie gehad.
‘n Lid van die provinsiale wetgewer, Philip van Staden van die Vryheidsfront Plus, sê hy het oproepe ontvang van mense wat in hul voertuie vasgekeer was, asook van bestuurders van swaarvragmotors wat uit hul voertuie gedwing is sodat die voertuie gebruik kon word om paaie te versper.
The post “Staking het negatiewe impak op ekonomie” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.