Die kantoor van die Openbare Beskermer gaan ‘n voorlopige ondersoek doen
na die meriete van bewerings van staatskaping wat vervat is in uitgelekte Gupta e-posse.
Die Openbare Beskermer, Busisiwe Mkhwebane sê van die bewerings dui op onbehoorlike en oneerlike optrede ten opsigte van staatsbesteding by staatsentiteite soos Eskom, Transnet en Prasa.
Sy sê daar is ook aanduidings dat mense hulle verryk het.
Mkhwebane het verskeie ander bewerings uitgelig wat nie in die verslag oor staatskaping van haar voorganger, Thuli Madonsela vervat is nie.
The post Gupta e-posse: Ondersoek na bewerings van staatskaping appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.