![Nuwe Fica-wet om misdade te beveg](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/gg-26-150x150.png)
Suid-Afrika se internasionale aansien om misdade soos geldwassery en die finansiering van terrorisme te beveg sal groot skade ly as die Wysigingswet op die Finansiële Intelligensiesentrum-Fica- nie teen 21 Junie in werking is nie.
Die burgerlike-samelewing-organisasie Corruption Watch het om dié rede ’n dringende brief aan die minister van finansies, Malusi Gigaba geskryf om uit te vind presies wanneer die nuwe Fica-wet in werking sal tree.
Dié wet sal Suid-Afrika se vermoë versterk om korrupsie soos geldwassery en die finansiering van terrorisme te beveg.
The post Nuwe Fica-wet om misdade te beveg appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.