Uit Brittanje word berig dat die land se bedreigingsvlak tot kritiek verhoog is
aangesien nog terreuraanvalle in dié land verwag word na Maandag se bom
ontploffing in Manchester wat die lewens van 22 mense, onder wie kinders, geeis het.
Die Britse eerste-minister, Theresa May, het opdrag gegee dat soldate in belangrike openbare plekke ontplooi word om gewapende polisie te ondersteun.
Brittanje se veiligheidsdienste kan nie met sekerheid sê of Salman Abedi, wat verantwoordelik was vir die selfmoordbomaanval, op sy eie opgetree het nie.
The post Brittanje se bedreigingsvlak tot kritiek verhoog appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.