![Man doodgeskiet in plaasaanval: 6 mans gearresteer](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/Handcuffs-41-150x150.jpg)
Die polisie in Noordwes het ses mans in hegtenis geneem in verband met Dinsdagaand se plaasaanval naby Sannieshof waarin die 59-jarige BC Greyling doodgeskiet is.
Die polisie se sersant Kelebogile Moleko sê die verdagtes is gister deur die loop van die aand op Sannieshof aangekeer.
Drie selfone van die Greylings is by die verdagtes gekry.
Greyling se vrou, Marlette (57), is gewond en sy ma, die 81-jarige Magdeleen, wat onder ’n tafel weggekruip het, is ongedeerd, maar erg getraumatiseer.
The post Man doodgeskiet in plaasaanval: 6 mans gearresteer appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.