Die 62-jarige Bernhard van Niekerk is in die landdroshof op Schweizer-Reneke in Noordwes tot ‘n jaar tronkstraf of ‘n boete van 50-duisend rand gevonnis omdat hy onwettig diamante gemyn het.
Van Niekerk is ook skuldig bevind aan die onwettige besit van ongeslypte diamante. Die skuldigbevinding volg nadat die Valke vroeër ’n wenk ontvang het oor onwettige mynbedrywighede op die plaas Eerste Begin in die Amalia-distrik.
The post Man vas oor diamante appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.