![Clinton stig aktivistegroep](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/4a5828b5b5af4db0d6fc0e8a3e9e9347-84-150x150.jpg)
Die voormalige Amerikaanse presidentskandidaat, Hillary Clinton, het ‘n
politieke aktivistegroep gestig om die opvattings waarvoor sy haar in die
verkiesing beywer het, te laat voortleef.
Clinton, ‘n voormalige presidentsvrou en minister van buitelandse sake, het die stigting van die groep, Onward Together, op Twitter aangekondig.
Sy wil mense aanmoedig om by die politiek betrokke te raak en hulself verkiesbaar te stel.
Sy doen ‘n beroep op Amerikaners om op elke vlak aan die demokrasie betrokke deel te neem.
Die naam van die groep is ‘n voortsetting van haar slagspreuk tydens die verkiesingsveldtog.
The post Clinton stig aktivistegroep appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.