![Boere, polisie werk saam teen renosterstropery](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/4a5828b5b5af4db0d6fc0e8a3e9e9347-11-150x150.jpg)
Drie mans is danksy samewerking tussen die polisie en boere in Noordwes in hegtenis geneem vir renosterstropery.
Een van hulle is in ‘n skietgeveg met die polisie gewond en is onder polisiebewaking in die hospitaal.
Dit het gevolg nadat ʼn renoster Vrydag geskiet en onthoring is in ʼn wildreservaat naby die grens met Botswana.
Die polisie se luitenant-kolonel Pelonomi Makau sê beslag is ook gelê op ʼn onwettige vuurwapen, ʼn voertuig en albei renosterhorings.
The post Boere, polisie werk saam teen renosterstropery appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.