![Dagga-saak teen Henri, vriendin teruggetrek](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-107-150x150.png)
Die saak teen Henri van Breda en sy vriendin, Danielle Janse van Rensburg, is vanoggend in die landdroshof in Kaapstad teruggetrek.
Van Breda en Janse van Rensburg is in Augustus 2016 deur die polisie in Table View vir die besit van dagga in hegtenis geneem.
Van Breda word van die bylmoord in 2015 op sy ouers en ouer broer in ‘n luukse woonkompleks buite Stellenbosch in die Boland aangekla.
Die hof het gelas dat Janse van Rensburg sessies met ’n sielkundige moet bywoon.
The post Dagga-saak teen Henri, vriendin teruggetrek appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.