![Duisende eis dat Zuma moet bedank](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/n-77-150x150.png)
Mense wat keelvol vir pres. Jacob Zuma is omdat hy die gerespekteerde Pravin
Gordhan as minister van finansies in die pad gesteek en die land se ekonomie met die ondeurdagte besluit op ‘n glybaan geplaas het, gaan vandag in hulle
duisendtalle in stedelike sentra betoog en eis dat hy bedank.
In Pretoria gaan lede van burgerregte-organisasies en opposisiepartye aan die beplande optog deur Save South Africa van Kerkplein af na die Uniegebou opruk.
Van die begin van die jaar af tot Vrydag 24 Maart, voordat Gordhan, skielik
van oorsee af teruggeroep is, het die rand die beste gevaar onder die geldeenhede van opkomende markte.
Na die onlangse kabinetskommeling en die afgradering van Suid-Afrika deur Standard &Poor’s tot rommelstatus, vaar die geldeenheid nou die swakste.
The post Duisende eis dat Zuma moet bedank appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.