Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“Dit alles om Zuma te dien”

$
0
0

Die Demokratiese Alliansie (DA) het ‘n beroep op lede van die parlement gedoen om president Jacob Zuma uit sy posisie te stem wanneer ‘n mosie van wantroue teen hom in die parlement ingestel word.

Dit volg op die aankondiging gisteraand deur Zuma dat die minister van Finansies, Pravin Gordhan, en sy adjunk afgedank is.

Die leier van die DA, Mmusi Maimane, sê die is die parlement wat die president aangestel het en tans is dit net die parlement wat hom kan afdank.

Die EFF-leier, Julius Malema, het ook vir ’n mosie van wantroue in Zuma gevra.

Die DA beplan ‘n massa-aksie, waarvan die besonderhede vandag by ‘n mediakonferensie in Johannesburg bekengemaak sal word.

Afriforum sê in sy reaksie op die skommeling in die kabinet dit ‘n skande is dat die binnegevegte in die ANC nou so ontaard het, dat die Zuma-kamp nou selfs bereid is om die land se ekonomie en die rand se waarde op te offer om interne ANC-gevegte te voer.

AfriForum se uitvoerende hoof, Kallie Kriel, sê die hele land word nou benadeel en staan afgradering deur graderingsagentskappe in die gesig.

“Dit alles om een man, Jacob Zuma, se belange te dien,” sê Kriel.

 

The post “Dit alles om Zuma te dien” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!