Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Bewerings in dokument glo rede vir Gordhan-terugroeping

$
0
0
Bewerings in dokument glo rede vir Gordhan-terugroeping

’n Dokument waarin beweer word dat Finans-minister Pravin Gordhan beplan
het om pres. Jacob Zuma oorsee swart te smeer, is glo die rede hoekom hy skielik deur die president van sy oorsese besoek na Suid-Afrika teruggeroep is.

Volgens ‘n dokument wat City Press glo besit, sou bankiers oorsee vertel word dat die minister van finansies en die tesourie saamstaan teen die president en die korrupsie van die Guptas en dat Zuma beplan om Gordhan en Mcebisi Jonas, adjunkminister van finansies, af te dank.

Netwerk24 berig dit blyk dat drie van die ANC se ses topleiers vasskop teen Zuma se plan om Gordhan te pos.

Die ANC-topses het glo ooreengekom om op 3 April weer oor die kwessie byeen te kom.

Intussen begin die druk op president Zuma om te bedank toeneem, te midde
van oproepe van senior ANC-leiers dat hy die wense van die meerderheid
Suid-Afrikaners moet respekteer.

Die voormalige president, Kgalema Motlanthe, is staande toegejuig gister by Ahmed Kathrada se begrafnis toe hy ‘n brief van Kathrada aangehaal het waarin Zuma gevra word om te bedank.

Talle kabinetsministers, adjunkministers en oudstryders was teenwoordig.
Finans-minister Pravin Gordhan is gevra om te staan, waarna hy ook staande toegejuig is.

Kathrada se familie het gevra dat Zuma nie die begrafnis bywoon nie.

The post Bewerings in dokument glo rede vir Gordhan-terugroeping appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!