![Australië: Vermy paaie weens vloedwater](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-134-150x150.png)
Owerhede in Australië het mense in die staat Queensland gemaan om paaie te vermy en sodoende te verhoed dat hulle weens vloedwater gestrand word.
Tot 250 millimeter reën word vandag in die noordoostelike dele verwag waar sikloon Debbie gister ‘n spoor van verwoesting aan veral die kusgebiede gesaai het.
Lugmag helikopters en vlootskepe met noodsaaklike hulpvoorrade gaan na die staat Queensland gestuur word.
The post Australië: Vermy paaie weens vloedwater appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.