![Leerling (15) se selfdood-skok](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-27-150x150.png)
Leerlinge aan die Hoërskool Sand du Plessis in Bloemfontein is geskok deur
die selfdood van ‘n graad 9-leerling, die 15-jarige Jerry Goddard.
Netwerk24 berig Jerry het hom Dinsdagmiddag na bewering in die motorhuis by hul huis in Wilgehof opgehang.
Volgens Aletta Lindeque, Jerry se ouma, was hy die dag stiller as gewoonlik, maar het niks gesê toe sy hom daaroor uitgevra het nie.
Haar dogter en Jerry se ma, Maggie, hanteer dit veral moeilik.
Volgens ’n skoolmaat is Jerry by die skool gespot en kon dit tot sy vermoedelike selfdood bygedra het.
The post Leerling (15) se selfdood-skok appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.