![Gordhan gaan voor Skoor verskyn](http://100punt6coza-t5r4lsnzxm11vo6cs.stackpathdns.com/wp-content/uploads/logo-15-150x150.png)
Die minister van Finansies, Pravin Gordhan, sal vanoggend voor die parlement se staande komitee oor openbare rekeninge (Skoor) verskyn oor die krisis met die uitbetaling van maatskaplike toelaes.
Die voorsitter van Skoor, Themba Godi, het vroeër gesê die vergadering sal die komitee help om die Tesourie se bedenkinge te verstaan oor die voorgestelde kontrak met die huidige diensverskaffer, Cash Paymaster Services (CPS).
‘n Ministeriële taakspan het opdrag gegee dat samesprekings tussen Sassa en CPS van vooraf moet begin, maar onderhandelings kan net plaasvind indien die Tesourie instem tot samesprekings met slegs ‘n enkele tenderaar.
The post Gordhan gaan voor Skoor verskyn appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.