Quantcast
Channel: Radio Rosestad 100.6FM
Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

“Grondhervorming is sleutel tot ekonomiese bestendigheid”

$
0
0
"Grondhervorming is sleutel tot ekonomiese bestendigheid"

Die ANC sê grondhervorming is die sleutel tot ekonomiese bestendigheid in Suid-Afrika.

Woordvoerder Zizi Kodwa sê die party sal die oordrag van grond na die swart meerderheid versnel om toekomstige verset af te weer.

Hy sê wanneer die ANC praat van radikale ekonomiese transformasie, gaan dit oor stabiliteit en om die land vorentoe te laat beweeg.

Kodwa sê indien daar nie beslissend opgetree word oor die grondkwessie nie, sal die land later ’n groter probleem hê.

Adjunk-president Cyril Ramaphosa het gister in die parlement gesê die regering se pogings om die ekonomie meer inklusief te maak, het nie genoeg verandering teweeggebring nie.

Hy het gesê dit is die rede waarom die staat voortstu met radikale ekonomiese transformasie.

The post “Grondhervorming is sleutel tot ekonomiese bestendigheid” appeared first on Radio Rosestad 100.6FM.


Viewing all articles
Browse latest Browse all 5283

Trending Articles


Wiskunde, graad 6: Vraestel en memo (November)


Weer 'n kans op geluk (Deel II)


Maak jul eie reënmeter


Hoe om ’n aangebrande pot of oondbak skoon te maak


8 Wenke om water te bespaar


Die beste tyd van my lewe


Koshuiskaskenades


’n Beoordeling van die vertaling van σάρξ (vlees) in die Direkte Vertaling...


Welkom in die wêreld, Baba Strauss!


Warrelwind skep my op in die lug…los my op ‘n Wolk se rug


Een vakansie tydens my kinders se sporttoere ...


Graad 4-wiskundevraestel en -memorandum (November)


Mikrogolf-vrugtekoek


18 unieke kosse wat net Suid-Afrikaners sal ken


Gedig: Populiere


Breekpunt deur Marie Lotz: ’n lesersindruk


Graad 6, 2016: Vraestelle en memoranda


Wonder ek oor die volgende ….


Die oplossing vir yl hare is hier


Kyk watter glanspaartjie is verloof!